Posted on Leave a comment

Studie hulp: Hoekom is leerstyl belangrik?

Leer kan oorweldigend raak.  Werk is baie en tyd is min.  Soms spandeer leerders ure lank om te leer, maar kom eksamen tyd, dan bereik hulle glad nie hulle potensiaal nie.  Daar kan verskeie redes wees hiervoor.  Een daarvan is dat die leerder nie bewus is van sy of haar leerstyl nie.  Om te leer volgens jou leerstyl is van kardinale belang.

Daar is 3 tipes leerstyle:  Visueel, ouditief en kineties.  Elke leerstyl het unieke karakter eienskappe en voor- en nadele.  Geen leerstyl is beter as die ander een nie.  Die belangrike is om te weet WAT jou leerstyl is.

Leerders wat bewus is van hulle leerstyl, is geneig om vinniger en meer effektief te studeer.  ‘n Ouditiewe leerder wat byvoorbeeld saggies deur sy werk lees, gaan minder suksesvol wees as die ouditiewe leerder wat sy werk hardop herhaal.  Die visuele leerder wat net uit die handboek se swart en wit bladsye leer, gaan sukkel om sy werk sinvol te onthou, terwyl die visuele leerder wat kleurvolle opsommings maak, geneig sal wees om sy werk makliker te herroep. 

Wanneer ‘n ouer bewus is van die feit dat sy kind ‘n kinetiese leerder is, sal hy minder gefrustreerd raak indien die kind nie kan stilsit terwyl hy leer nie.  Die kinetiese leerder moet beweeg wanneer hy leer en leer die beste deur te doen.  

Beperkings

Elke leerstyl het ook sy beperkinge.  Daarmee word bedoel dat daar in elke leerstyl sekere dinge is wat vermy moet word ten einde die maksimum uit studie tyd te kry. Die ouditiewe leerder moet byvoorbeeld in ‘n stil vertrek leer, terwyl die visuele leerder liefs nie voor ‘n venster moet sit en leer nie.  Die kinetiese leerder moet nie gedwing word om doodstil te sit wanneer hy leer nie.  

So wat is my leerstyl?

Die eerste stap om jou kind te kry om sy volle akademiese potensiaal te bereik, is dus om ‘n leerstyltoets te doen.  Daarna kan die kind leer hoe om sinvol te studeer op grond van sy leerstyl.  Kliek op die skakel hieronder om ons werkswinkel by te woon en uit te vind wat jou kind se leerstyl is. 

Posted on Leave a comment

Eie opsommings vs gekoopte opsommings

In vandag se tye is gemak ‘n belangrike deel van ons lewe. Almal is besig en as ons tyd kan bespaar deur iets makliker te maak, hoekom dan nie?

So gebeur dit dan ook dat baie ouers in vandag se lewe dit makliker vind om opsommings te koop as dat hulle kinders hulle eie opsommings maak. Dit maak dit vir die ouer makliker en die kind spaar ook tyd omdat hy net die klaargemaakte opsommings kan leer.

Die groot voordeel van klaargemaakte opsommings is natuurlik tydsbesparing. Ouer en kind hoef nie ure lank te sit en opsommings maak nie. Maar is klaargemaakte opsommings net so effektief soos selfgemaakte opsommings?

As aanbieder van studie metode werkswinkels besef ek die belangrikheid van opsommings. Ons moedig kinders aan om hulle eie opsommings te maak. Maar hoekom kan ‘n mens nie net klaargemaakte opsommings gebruik nie?

Kom ons doen ‘n eksperiment. Kry jou gesin of ‘n paar mense bymekaar. Gee elkeen opdrag om die woord “vakansie” te teken. Vergelyk nou die tekeninge met mekaar. Lyk elkeen se tekening presies dieselfde? Beslis nie.

Elkeen van ons se brein is uniek en vanaf geboorte begin elkeen se brein om assosiasies vir woorde en konsepte te skep. Noem dit kortpaaie. Dit is daardie eerste gedagte of prentjie wat in jou kop opkom wanneer jy aan iets dink. Kortpaaie is ‘n baie belangrike deel van opsommings. Elkeen van ons se kortpaaie is uniek. Wanneer jy jou eie opsommings maak, gebruik jy die kortpaaie wat jou brein reeds geskep het. Wanneer jy iemand anders se opsommings gebruik, moet jou brein eers daardie persoon se kortpaaie leer, en dan kan hy die inligting weergee. Dis makliker om jou eie kortpaaie te onthou as wat dit is om iemand anders se kortpaaie te leer en weer te gee.

Opsommings is deel van die leerproses. Dis een van die stappe wat nodig is om leerwerk beter te kan onthou en beter te kan weergee. Hoe gouer ‘n kind leer om sy eie opsommings te maak, hoe beter is dit vir hom. Op Universiteitsvlak en in die werksplek gaan niemand vir hom opsom of sy werk vir hom doen nie. Hoe gouer hy leer om dinge self te doen, hoe beter is dit vir sy toekoms.

Om korrek op te som is soos om te leer hoe om ‘n musiekinstrument te speel. Mens begin nie dadelik ‘n liedjie vlot te speel nie. Dit vat tyd en oefening. Maar wanneer jy genoeg geoefen het, raak dit al hoe makliker en vinniger om liedjies te leer en te speel. Opsommings is dieselfde. As jy geleer het hoe om sleutelwoorde te herken en dan hoe om daardie sleutelwoorde in sinvolle opsommings te omskep, gaan jou leer tyd baie vinniger en meer effektief wees.

As jy nie seker is hoe om self op te som nie, kom woon een van ons stude metodes werkswinkels by. Gaan na http://www.studiemetodes.co.za/ vir meer inligting of om jou plek te boek.

Groete

Posted on Leave a comment

Toy Story 4

Release date: 21 June2019

Looking at the trailer of Toy Story 4, it is going to be a good one. Since the release of the first film in the series back in 1995, the characters have become a part of us. Sort of like our friends. Now Toy Story 4 is coming to cinemas with a fun new toy called Forky”.

Woody (voice of Tom Hanks) has always been confident about his place in the world, and that his priority is taking care of his kid, whether that’s Andy or Bonnie. So when Bonnie’s beloved new craft-project-turned-toy, Forky (voice of Tony Hale), declares himself as “trash” and not a toy, Woody takes it upon himself to show Forky why he should embrace being a toy. But when Bonnie takes the whole gang on her family’s road trip excursion, Woody ends up on an unexpected detour that includes a reunion with his long-lost friend Bo Peep (voice of Annie Potts). After years of being on her own, Bo’s adventurous spirit and life on the road belie her delicate porcelain exterior. As Woody and Bo realize they’re worlds apart when it comes to life as a toy, they soon come to find that’s the least of their worries.

Check out the trailer:

Share on facebook
Share on Facebook
Share on pinterest
Share on Pinterest
Share on email
Share via E-mail
Share on twitter
Share on Twitter
Share on linkedin
Share on LinkedIn
Share on whatsapp
Share on Whatsapp
Posted on Leave a comment

Eksamen Gedaantes

Benodig jou kind hulp met studie metodes of het leiding nodig oor hom om te leer?  Stuur hom na een van ons studiemetode werkswinkels in Pretoria-Oos.  Kontak ons by info@studiemetodes.co.za of besoek ons by www.studiemetodes.co.za


Vakansie is hier.  Die eksamen stryd is vir nou eers verby.  En met dit bedoel ek letterlik die eksamen STRYD.  Trane is gestort, boeke is gegooi, woorde is geskree.  Nou kan die jongspan uitsien na ‘n heerlike wintervakansie en ma en pa kan weer asemhaal.


Eksamentyd bring snaakse dinge in ouer en kind na vore.  Sommiges ondergaan skoon ‘n gedaante verwisseling.  Ons het ‘n paar tipes eksamen en leer gedaantes geidentifiseer.  Hierdie gedaantes kom in alle ouderdomme en onder alle kulture voor.  Hulle is kanniedoods wat jare reeds bestaan en sal voortbestaan tot die einde van die wêreld.  Ek is seker almal ken of is ten minste een van hierdie gedaantes:


Die “maar juffrou doen dit anders” gedaante


Hierdie gedaante kom veral voor tydens wiskunde huiswerk en wanneer daar wiskunde geleer moet word . 


Die “ek het my boek by die skool vergeet” gedaante


Hierdie gedaante verskyn gewoonlik die dag voor ‘n groot toets, taak of eksamen en verkies om so laat as moontlik in die namiddag of vroee aand sy verskyning te maak.  


Die “tranedal” gedaante


Die tranedal gedaante is baie strategies en begin sy aanslag gewoonlik sodra mamma op haar besigste of moegste is.  Die tranedal gedaante is soos dronkverdriet vir minderjariges en kan baie skielik verskyn.  


Die “kriewelrige” gedaante


Hierdie gedaante kom algemeen tydens huiswerk en leerwerk voor, veral wanneer daar ‘n vol glas op die tafel is wat omgestamp kan word.   Die kriewelrige gedaante word gewoonlik gevolg deur die tranedal gedaante.  


Die “kyk gou” gedaante


Hierdie gedaante omskep alledaagse, vervelige dinge in iets baie interessants.  Waar daar op enige ander stadium geen belangstelling in iets sou wees nie, veroorsaak die kyk gou gedaante dat onmiddelike ondersoek ingestel moet word.  Onder andere sal die kyk gou gedaante sy slagoffer skielik laat onthou hy het laasweek ‘n doring in sy voet gehad wat dadelik ondersoek moet word.  Of dat die hond moontlik ernstig siek is en dadelik moet hulp kry.  Die kyk gou gedaante is baie kreatief.


Die “ek is moeg” gedaante


Hierdie gedaante kan enige tyd van die dag voorkom, maar verkies om  tydens huiswerk of leersessies te verskyn.  Net so vinnig soos wat hy verskyn kan hy verdwyn.  Sy verdwyning gaan gewoonlik gepaard met die wegpak van boeke en leerwerk.  Hy verskyn gou weer wanneer daar geleer of huiswerk gedoen moet word. 


Aan julle almal:  Geniet die vakansie en wees veilig


Vir hulp met studie metodes en hoe om reg te leer, kontak ons gerus by info@studiemetodes.co.za of besoek ons by www.studiemetodes.co.za


Posted on Leave a comment

South African Vaccination Schedule